top of page

Die eerste wegraping - Die waarheid oor die wegraping (Deel 4)

The rapture of the bride of Christ before the great tribulation.

Die liefde waarsku - Deel 4

Ons het gesien in 1 Tessalonisense 4:17 dat ons een van die mees wonderlikste beloftes in die hele Woord kry.


Ja, die Woord sê daar gaan ’n dag wees wanneer Yeshua, ons Messias, Sy bruid sal kom haal. Hy gaan ons wegvoer, weggryp, opneem na Hom toe in die lug, nie om weg te vlug in vrees nie, maar om vir ewig by Hom te wees.


In die oorspronklike Grieks gebruik Paulus hier die woord "harpazō", wat baie kragtig is.


Dit beteken “om te gryp, om weg te ruk, om met krag weg te neem”, amper soos ’n Vader wat Sy kind met liefde uit gevaar wegruk. Dit is iets dramaties, vinnig en onherroeplik. Dit wys die ernstigheid van wat op die wêreld gaan kom, maar ook die liefdevolle beskerming van Yeshua vir Sy getroue bruid.

ree

Wegraping is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie

Nou, in die Woord leer ons dat hemelse wegrapings nie net ’n eenmalige gebeurtenis is nie — daar is verskeie voorbeelde, vyf ander voorbeelde in die Woord!


En elkeen getuig van Abba Vader se krag en moontlikhede buite ons begrip.

Hierdie wegrapings herinner ons daaraan dat Abba Vader altyd beheer het oor lewe en dood, en dat Hy Sy kinders op spesiale maniere beskerm en opneem of wegraap soos Hy wil.


Hierdie wegrapings, elkeen van hulle, help ons om te verstaan dat ons lewe nie net hier op aarde beperk is nie — daar is ’n ewige lewe by Hom.

ree

Die eerste wegraping: Henog

Die eerste wegraping in die Woord waarvan ons lees, is dié van Henog.

In Genesis 5:24 word gesê: “En Henog het met YHVH gewandel; en hy was daar nie meer nie, want YHVH het hom weggeneem.”


Die Hebreeuse woordjie vir "weggeneem" is “laqach” (LA-KWA-G).

Die wortel of grondwoord van laqach beteken:

  • om te neem / om weg te neem

  • om op te neem

  • om iemand te vat of in besit te neem

  • soms ook gebruik vir om iemand tot jou te neem (soos in ’n huwelik of om te verskuif van een plek na ’n ander)


ree

Nou, laqach bestaan uit drie Hebreeuse letters, nl. Lamed, Qof en Chet.

Elke Hebreeuse letter het ’n piktogram-prentjie met ’n betekenis.

Wanneer ons na hierdie drie prentjies saam kyk, kan dit ’n dieper, simboliese betekenis gee aan die woord laqach.


Die eerste letter is Lamed, en sy piktogram-prentjie is ’n Herderstaf wat Abba Vader se leiding voorstel, die staf van die Herder wat lei en versorg.


Die tweede letter is Qof, en sy piktogram-prentjie is dié van ’n sonsopkoms. Dit wys na die son wat afgesonder is, wat heiligheid voorstel.


Die derde letter is Chet, en sy piktogram-prentjie is dié van ’n heining. ’n Heining is daar vir beskerming. Die geestelike betekenis is dié van ’n verbond, ’n plek van beskerming of toegang tot ’n heilige plek (soos die tabernakel of tempel).

ree

So, as jy kyk na die prentjies van die drie letters van laqach, wat beteken “om weg te neem”, dan skilder Abba Vader vir ons die prentjie van:

Abba Vader, ons Goeie Herder (Lamed) sal ons lei of neem na ’n plek van Heiligheid en afsondering (Qof), ’n plek waar Hy is, onder Sy beskerming, en ’n plek van verbond (Chet).

Dis asof Abba Vader Sy staf uitstrek (Lamed) om iemand uit die wêreld weg te lei (Qof), en hulle dan binne-in Sy verbond of heilige ruimte te bring (Chet).

Die piktogram-prentjies en -betekenis van laqach bevestig ook wat in Genesis 5 gebeur: Henog is deur Abba Vader geneem — afgesonder uit die wêreld, en in beskerming geneem.


Nou, in Genesis 5, waar daar staan “YHVH het hom weggeneem,” dui dit op ’n bonatuurlike handeling. Henog het nie gesterf nie, maar is deur Abba Vader self weggeneem, opgeneem of verwyder.


Henog se wegraping bevestig geloof en gehoorsaamheid

Die Woord leer ons dat Henog se geloof só besonders was dat sy lewe opgeskryf is in die “Wall of Faith”, die geloofsgalery van Hebreërs 11.


Ja, in Hebreërs 11:5 staan daar duidelik:

“Deur geloof is Henog weggeneem, sodat hy die dood nie gesien het nie...”


Met ander woorde, Henog het nie gesterf soos ander mense nie — Abba Vader het hom op bonatuurlike wyse weggeneem, omdat hy in geloof saam met Hom gewandel het. Wat ’n kragtige herinnering dat geloof nie net ’n idee of ’n belydenis is nie, maar ’n lewenswyse.


Ons sien hier weereens dat redding nog altyd deur geloof kom, maar ware geloof is nooit passief nie. Dit vra aksie.

Geloof word sigbaar in die manier waarop jy leef.

Henog het nie net in Abba Vader as ’n Lewende God geglo nie — hy het saam met Abba Vader gewandel — en dit het alles verander.


Hoor weer wat sê Hebreërs 11:5–6 van Noag se oupagrootjie:

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.”


Die simboliek van Henog se roeping

Net ’n bietjie agtergrond… van Adam tot by Noag was daar 10 geslagte. Die sewende in hierdie geslagsregister is Henog, en as ons kyk na die getal 7 beteken dit volmaaktheid.


Die naam Henog beteken “onderrig,” “lering,” “onderwys” of “leer.”

Henog was nie net ’n man wat saam met Abba Vader gewandel het nie — hy was geroep om te leer en ander te onderrig.

Sy naam dra reeds sy roeping. Sy naam beteken om mense te leer oor die waarheid, oor Abba Vader se weë, en oor reg en verkeerd.

ree

'n Wegraping herinner ons aan ons sending

Soos ons vandag vir ’n oomblik stilstaan by hierdie eerste wegraping in die Woord — Henog wat nie die dood gesien het nie, maar weggeneem is — sien ons ook iets van onsself as die bruid van Yeshua daarin.


Ons is die bruid van Yeshua. En net soos Henog, het ons ook ’n opdrag gekry.

Yeshua sê in Matteus 28:19:

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en leer hulle...”


Ons is ook geroep om te leer, te onderrig, en waarheid te deel. Dis ’n opdrag vir elke dissipel — die bruid van Yeshua.

Net soos Henog moet ons ook wandel saam met Abba Vader, gehoorsaam wees, en ander leer om Hom te volg.


Henog se lewe was ’n voorbeeld van geloof wat geleef word, nie net gepraat word nie — en dít is wat Yeshua ook van Sy bruid verwag.


In Judas 1:14 sien ons dat Henog nie net met Abba Vader gewandel het nie — hy was ’n profeet van Abba Vader.

Henog was ’n spreekbuis in Abba Vader se hande. Hy het die Woord van YHVH verkondig en die mense gewaarsku: die oordeel sou kom.

Sy boodskap was duidelik — mense moes terugkeer na Abba Vader. Henog het die volk opgeroep tot bekering.


Net so het Yeshua ook Sy dissipels uitgestuur.

In Markus 6:12 lees ons:

“En hulle het uitgegaan en verkondig dat die mense hulle moes bekeer.”


Die opdrag van Yeshua was duidelik. Dissipels van Yeshua is geroep om die evangelie te verkondig, en die hart van daardie boodskap is bekering — teshuvah — ’n terugkeer na Abba Vader.

Dis nie net ’n boodskap van liefde en aanvaarding nie, maar ook van verandering, gehoorsaamheid en ’n geloof wat vrug dra.

Henog het dit verstaan.

ree

En as ons vandag die bruid van Yeshua is, dan is ons opdrag dieselfde:

Om te roep tot bekering, om te wandel saam met Abba Vader, en om Sy stem op die aarde te wees.

Henog het in sy tyd die mense gewaarsku:

“As julle aanhou om in sonde en ongeregtigheid te leef, sal daar oordeel kom.”

Hoor mooi… die boodskap wat Henog verkondig het, was ’n boodskap van Abba Vader. Wat het later gebeur?


’n Paar geslagte later het Abba Vader se waarskuwing waar geword. Die sondvloed het gekom. Die aarde is vernietig.

Waar was Henog tydens die oordeel?

Hy was weggeraap voor die oordeel.


So, ek sien as’t ware, voordat Henog weggeraap was, hoe hy deur die dorpe en stede geloop het en geroep het:

“Draai terug na Abba Vader! Los julle sondes en leef reg!

Die oordeel is op pad — dit is nader as wat julle dink!”


Soos daar toe ’n oordeel gekom het deur water, sê die Woord dat daar weer ’n oordeel kom, maar die volgende keer sal dit deur vuur wees (2 Petrus 3:7).


As Henog in sy tyd almal gewaarsku het, hoeveel te meer moet ons nie vandag dieselfde doen nie?
ree

Ons is geroep om die bruid van Yeshua te wees — mense wat:

  • saam met Hom wandel, soos wat Henog gedoen het (Genesis 5:24),

  • gehoorsaam is aan Sy Woord,

  • en ander waarsku en roep tot bekering.


Ons het nodig om vandag die stem te wees wat sê:

“Kom terug na Abba Vader toe in verbond! Die oordeel is naby! Nou is die tyd van genade!”


Want sien, in Openbaring 22:12 sê Yeshua:

“Kyk, Ek kom gou, en My loon is by My om aan elkeen te gee volgens sy werke.”

Henog het Abba Vader se hart geken. Hy het nie geswyg nie. Hy het die mense gewaarsku — en nou roep Yeshua ons, Sy bruid, om dieselfde te doen.


Mag ons, soos Henog, in geloof en in gehoorsaamheid saam met Abba Vader wandel, en Sy stem wees in hierdie tyd.

Comments


bottom of page