top of page

Wat is liefde?

Writer's picture: Houtkruis AlephTavHoutkruis AlephTav

Die wêreld leer ons, "love hurts!" of "liefde is ingewikkeld."

Of liefde is so onseker. Jy is nooit seker daarvan nie, want môre is jy weer alleen?

Soveel flieks, soveel liedjies, soveel sepies gaan oor liefde.

Orals waar jy kom, lees jy van liefde; as jy die radio aansit, hoor jy 'n liefdeslied.

Wat is liefde?

As jy die koerant koop, lees jy van ‘n liefde wat gebreek het of wat nie uitgewerk het nie.


Is die liefde wat ons van die wêreld kry, nie net so plastiek nie?

Hoeveel liefdes-teleurstellings het jy al gekry? Het jy al so seer gekry dat jy vandag voel dat jy nie meer 'n idee het wat liefde is nie?


Jy dink dalk by jouself, "Wat is liefde?'"


Of jy het net al so seer gekry dat jy nie meer sal waag om weer lief te hê nie?


Is jy dalk ook die een wat vandag sê: "Ek soek my hele lewe al na liefde."
Vrou wat moedeloos en eensaam is.

Ek wil jou vandag kom bemoedig met 'n woord van Liefde, Hom self.

 

Abba Vader sê vandag vir jou:

My kind...


Jy mag My dalk nie ken nie, maar Ek weet alles van jou af.

Psalm 139:1

Jy soek jou hele lewe na liefde... Ek is Liefde.

1 Johannes 4:8

Ek weet wanneer jy sit en wanneer jy opstaan.

Psalm 139:2

Ek is bekend met al jou paaie.

Psalm 139:3

Ek het elke liewe haar op jou kop getel.

Matteus 10:29-31

Jy is gemaak na My beeld.

Genesis 1:27

Deur My leef jy, beweeg jy en bestaan jy; jy is My nageslag.

Handelinge 17:28

Ek het jou geken voordat Ek jou in jou moederskoot gevorm het.

Jeremia 1:4-5

Ek het jou gekies toe Ek die skepping beplan het.

Efesiërs 1:11-12

Jy was nie ‘n fout nie; al jou dae is in My boek geskryf.

Psalm 139:15-16

Ek het die presiese datum van jou geboorte bepaal en waar jy sal woon.

Handelinge 17:26

Jy is op wonderbaarlike wyse geskape.

Psalm 139:14

Ek het jou bymekaar geweef in jou moeder se skoot.

Psalm 139:13

En jou gehelp vanaf die dag wat jy gebore is.

Psalm 71:6

Ek is verkeerdelik verteenwoordig deur dié wat My nie ken nie.

Johannes 8:41-44

Ek is nie ver en kwaad nie, maar Ek is die uitdrukking van liefde.

1 Johannes 4:16

En dit is My begeerte om My liefde aan jou te oorweldig, net omdat Ek jou Vader is en jy My kind is.

1 Johannes 3:1

Ek offer jou meer as wat jou aardse pa ooit kan.

Matteus 7:11

Ek is die perfekte Vader.

Matteus 5:48

Elke goeie gawe wat jy ontvang, kom van My hand af.

Jakobus 1:17

Ek is jou voorsiener en Ek voldoen aan al jou behoeftes.

Matteus 6:31-33

My plan vir jou toekoms was nog altyd met hoop gevul.

Jeremia 29:11

Want Ek is lief vir jou met 'n ewige liefde.

Jeremia 31:3

My gedagtes teenoor jou is ontelbaar, soos die sand op die strand.

Psalm 139: 17-18

En Ek verheug My oor jou deur te jubel en te juig.

Sefanja 3:17

Ek sal nooit ophou goed doen vir jou nie.

Jeremia 32:40

Jy is My kosbare besitting.

Eksodus 19:5

Ek begeer om jou te vestig met My hele hart en My hele siel.

Jeremia 32:41

Ek wil jou groot en wonderlike dinge wys.

Jeremia 33:3

As jy My soek met jou hele hart, sal jy My vind.

Deuteronomium 4:29

Vind jou vreugde in My, en Ek sal jou die begeertes van jou hart gee.

Psalm 37:4

Dit is Ek wat daardie begeertes vir jou gee.

Fillipense 2:13

Ek is in staat om meer vir jou te doen as wat jy ooit sal kan dink.

Efesiërs 3:20

Ek is jou grootste bemoediger.

2 Tessalonisense 2:16-17

Ek is ook die Vader wat jou troos in al jou probleme.

2 Korintiërs 1:5

As jou hart gebreek is, is Ek naby jou.

Psalm 34:18

Soos 'n herder ‘n lam dra, dra Ek jou na aan My hart.

Jesaja 40:11

Eendag sal Ek elke traan van jou oë afvee.

Openbaring 21:3-4

En Ek sal al die pyn wat jy gelei het op aarde wegvat.

Openbaring 21:4

Ek is jou Pa en Ek is lief vir jou, net so lief as wat Ek My Seun, Jesus, het.

Johannes 17:23

In Yeshua is My liefde aan jou geopenbaar.

Johannes 17:26

Hy is die presiese verteenwoordiger van My bestaan.

Hebreërs 1:3

Hy het kom demonstreer dat Ek vir jou is, nie teen jou nie.

Romeine 8:31

En om jou te kom vertel dat Ek nie jou sondes tel nie. Yeshua het gesterf sodat jy versoen kan word.

2 Korintiërs 5:18-19

Sy dood was die uiteindelike uitdrukking van My liefde vir jou.

1 Johannes 4:10

Ek het alles opgegee wat Ek liefhet, sodat Ek dalk jou liefde kan ontvang.

Romeine 8:32

As jy die geskenk van My Seun, Jesus, ontvang, ontvang jy My.

1 Johannes 2:23

En niks sal jou ooit weer van My liefde skei nie.

Romeine 8:38-39

Kom huistoe, en Ek sal die grootste partytjie gooi wat die hemel al ooit gesien het.

Lukas 15:7

Ek was nog altyd Vader en Ek sal altyd Vader wees.

Efesiërs 3:14-15

My vraag is net: Sal jy My kind wees?

Johannes 1:12-13

Ek wag vir jou...

Lukas 15:11-32

Liefde

Jou Abba…

Jy soek jou hele lewe na liefde. Ek is liefde.

264 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page