top of page

Vas en Gebed Loop Saam

Writer's picture: Houtkruis AlephTavHoutkruis AlephTav

Updated: Jan 22

Woman and man praying together

Vas is nie 'n vereiste of iets wat Abba Vader ons dwing om te doen nie.

Dis ook nie iets waaroor Abba Vader ons gaan straf as ons dit nie doen nie. Nee … vas is 'n uitnodiging.


Dis iets wat jy vrywilliglik doen.

Dit is wanneer ek sê: "Abba Vader, ek breek uit die gejaag van die wêreld en kom soek U aangesig in gebed en vas."

Regdeur Abba Vader se Woord het Sy kinders Sy aangesig gesoek en Hom genader deur gebed en vas.


So het koning Josafat ook gedoen toe hy in bewind was. In 2 Kronieke 20:2-3 lees ons: "Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom ‘n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar — dit is Éngedi — het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda ‘n vasdag uitgeroep."


Koning Josafat en die volk was in die moeilikheid…die vyand was oppad, en vrees en angs het hulle oorval. Maar koning Josafat sê: “Roep almal; kom ons bid en vas en soek Abba Vader se aangesig vir drie dae.”

Biblical figures prayin together

Almal het saam gebid en gevas, en in 2 Kronieke 20:20-24 lees ons: "Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.


En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.


Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp. En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie."


Wow. M.a.w., koning Josafat sê vir die volk: Kom ons soek Abba Vader se aangesig, kom ons bid en vas vir drie dae, want die vyande is oppad. Hulle doen so, en toe hulle klaar is met die vas, gee Abba Vader vir hulle ‘n groot oorwinning, sonder dat hulle ‘n fisiese wapen opgetel het.


Die oorwinning was so groot dat dit hulle drie dae geneem het om al die buit in te samel.

Dalk sit jy ook vandag in ‘n onmoontlike situasie…kies om Abba Vader se aangesig te soek in gebed en vas.

Kies om Abba Vader te nader.

Two women praying together


12 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page