top of page

Liefde is Lankmoedig & Geduldig

Updated: Mar 26

A paper heart formed from the pages of the bible and two hand reaching out to each other, one with a heart.

Paulus sĆŖ in EfesiĆ«rs 4:1-2: ā€œEk vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig van die roeping waarmee julle geroep is—met alle nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra...ā€


Ons weet Yeshua is liefde. In 1 Joh 4:8 staan:

ā€œHy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.ā€

As ons Yeshua aanvaar as ons Verlosser en Saligmaker, dan kom leef die Heilige Gees in ons, en die vrug van die Heilige Gees is liefde.

A peaceful sunrise over a lush green field, where a small seedling sprouts from rich soil, symbolizing growth. In the foreground, an open Bible rests gently on the ground, its pages illuminated by soft golden light. Rays of sunlight shine through the clouds, signifying divine presence and guidance.

Die Groei van Geduld in Ons Lewens

M.a.w., die saadjie van liefde wat op my hart gesaai word deur die Woord van Abba Vader oor geduld begin groei, en ek word al hoe meer soos Yeshua, wat geduldig en lankmoedig is.


As die saad, wat die Woord van Abba Vader is, op my hart gesaai word, verkry ek nie dadelik die vrug van geduld nie, maar dit groei met tyd.

Yeshua, of liefde, is geduldig!


Liefde is die lewe se kragtigste motiveerder en het baie meer diepte en betekenis as wat ons besef. Het jy ook hierdie hartsbegeerte om meer en meer te verander soos Yeshua? Wil jy alles doen soos Yeshua in geduld?

A person in a field, surrounded by flowers, wearing a WWJD band around their arm.

Wat Sou Yeshua Doen?

'n Rukkie terug het almal hierdie bandjies gedra wat sĆŖ: W.W.J.D., wat beteken: What would Jesus do? - Is dit my en jou fokus?


Daar was 'n storie van 'n visserman wat langs 'n rivier vis gevang het saam met 'n baie ryk man. Die ryk man het met verwondering toegekyk hoe die visserman elke paar minute 'n redelike groot vis vang. Na net 'n uur het die visserman begin om op te pak en huis toe te gaan. Die ryk man het hom gestop en gevra: "Hoekom is jy so gou oppad?"


"Wel," sĆŖ die visserman, "ek het genoeg vis vir die week gevang en ek het nie meer nodig nie. Ek wil nou huis toe gaan en Abba Vader se Woord verder bestudeer en tyd saam met my familie spandeer."


Die ryk man sĆŖ: "Maar dink aan wat jy kan doen met meer vis. Jy kan die ekstra vis verkoop, die geld gebruik om te belĆŖ in meer visstokke, dan kan jy 'n boot koop en mense huur om meer vis te vang terwyl jy toesig hou oor die operasie."


"En wat is die doel van dit alles?" vra die visserman.

"Wel," antwoord die ryk man, "jy kan dan iemand huur om jou besigheid te bestuur en dan kan jy doen wat jy regtig wil in die lewe."

Met dit het die visserman sy visstok opgetel, die ryk man gegroet en gesê: "Dankie, maar ek dóén reeds wat ek regtig wil in die lewe!"

Die Belangrikheid van Geduld en Liefde

Die punt van hierdie storie is dat ons soms so vasgevang raak in ons daaglikse lewe dat ons nie eers meer tyd het vir mekaar in die familie of in Abba Vader se Woord nie.

Hoe meer tyd ons spandeer in Abba Vader se Woord, hoe meer saad word op ons harte gesaai wat vrug dra, soos geduld, want geduld is liefde.

Liefde doen altyd wat vir ander die beste is, en dit kan ons die krag gee om die grootste probleme te trotseer.


Die Krag van Liefde in Ons Verhoudings

Het jy geweet ons word almal gebore met 'n lewenslange hunkering na liefde? Hoekom? Want ons Pottebaker is Liefde! Hy het ons in liefde gevorm en gemaak met ā€˜n spesifieke doel.


Daarom het jou man, jou vrou, jou boetie, jou sussie en jou naaste liefde desperaat nodig, soos ons longe suurstof nodig het.

Liefde verander ons rede om te leef. Liefde maak verhoudings betekenisvol. Geen familie of huwelik is suksesvol daarsonder nie.

A family running together and holding hands in an open field with two keys above them.

Liefde het twee sleutels: geduld en vriendelikheid. Alle ander eienskappe van liefde vloei uit hierdie twee kenmerke of sleutels van liefde voort. En dit is waar jou uitdaging begin: met geduld, want liefde sal jou inspireer om 'n geduldige mens te word, en die vyand wil juis die teenoorgestelde bereik.

Liefde kom verander ons, en wanneer ons verander, kies ons om geduldig te wees. Dan reageer jy positief op 'n negatiewe situasie. Jy kies ook om nie maklik kwaad te word nie. Jy kies om lankmoedig of geduldig te wees in plaas daarvan om ā€˜n kort humeur te hĆŖ.

Jakobus sĆŖ in Jakobus 5:7: ā€œWees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeĆ« en die laat reĆ«n ontvang het.ā€


Dis niks lekker om by iemand te wees wat ongeduldig is oor alles nie. Ongeduld veroorsaak dat jy oorreageer, kwaad word en dwase dinge sĆŖ en doen waaroor jy later spyt is. Die ironie van woede is dat dit nuwe verkeerdhede tot gevolg het.

Om so briesend kwaad en woedend te word oor iets, maak dinge byna nooit beter nie.

Nee, inteendeel, dit vererger en veroorsaak meer bykomende probleme. Geduld keer dat dwaasheid die oorhand kry.


Dink bietjie hieroor...

Kap jy vinnig terug, of hou jy jou emosies in toom wanneer iemand in jou familie jou omkrap? Is jy geneig om vinnig kwaad te word wanneer jy onregverdig behandel word?

Indien wel, versprei jy gif in plaas van medisyne.


Hoekom nie vandag voorneem om geduld te beoefen nie? Hoekom nie kies om van vandag af geduldig met mekaar te wees nie en Abba Vader te vra om ons te help nie?

A heartwarming scene of two people engage
d in a deep conversation. One person is speaking with kindness, their expression gentle and sincere, while the other listens intently, their posture open and engaged. The setting is warm and cozy, bathed in soft golden light. A fireplace flickers in the background, casting a gentle glow across the room. The furniture is inviting, perhaps a plush couch or comfortable chairs, with soft blankets and cushions adding to the intimate atmosphere. The overall mood is one of hope, understanding, and connection, emphasizing the warmth of human interaction in a safe, welcoming space.

Kom ons bid saam:

Vader, dankie dat U geduldig en lankmoedig is met my. Vergewe my asseblief my ongeduld en kom deponeer U liefde van geduld in my. Ek wil nie meer ongeduldig wees nie. Meer en meer van U.

Ek bid dit in Yeshua Ha-Mashiach se Naam, die Seun van YHVH. Amen.


Recent Posts

See All

Comments


bottom of page