Sukkel jy daarmee om ander se sukses opreg te vier? Wanneer jou vriendin ’n baba kry en jy nie...of jou kollega kry die bevordering...en jy voel iets knaag van binne, daardie stille, ongemaklike jaloesie. Jy weet jy móét bly wees, maar jy raak eerder bitter. Jy vergelyk. Jy voel ongenoeg. En jy vra stilweg: Hoekom nie ek nie?