top of page



Parashah
Die eerste en oudste gedeelte van die oorspronklike Hebreeuse Bybel staan bekend as die Torah. Dit is die Hebreeuse naam vir die eerste vyf boeke van die Bybel soos wat ons dit vandag ken: Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium.
Die Torah is verdeel in 54 gedeeltes wat oor ʼn jaarlikse siklus weekliks bestudeer word. Hierdie weeklikse gedeeltes staan bekend as "parashah" in Hebreeus.
Die sikliese parashah is ʼn kombinasie van gedeeltes wat uit beide die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer word. Hierdie manier van studie, veral die van die Torah, vind reeds vir duisende jare regoor die wêreld plaas.
bottom of page















