top of page

Search Results

113 results found with an empty search

  • Kontak | Houtkruis Bediening

    Kontak Houtkruis Bediening hier vir enige navrae of boodskappe. Kontak Ons Kom gesels met ons KONTAK ONS Adres Plot 200 Boschkop Road, Zwawelpoort, Gauteng, 0034, South Africa Selfoon Marika +27 82 904 2104 Roelf +27 82 852 0544 Michél +27 82 705 2055 E-pos houtkruisalephtav@gmail.com Sosiale Media Naam Van E-pos Boodskap Bly in kontak deur in te teken vir ons gereelde boodskappe per e-pos. Lees die Terme & Voorwaardes Stuur Baie dankie! BANKBESONDERHEDE Houtkruis Aleph & Tav NPC FNB 62832953021 Bly in kontak deur in te teken vir ons gereelde boodskappe per e-pos. E-pos Teken Aan Baie dankie!

  • Parashah 4 | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se Parashah preke en woordbestudering (Midrash). Ons bestudeer Parashah 4 - Vayera. Parashah 4 : Vayera Aan hom verskyn Kyk na die videos, bestudeer die Woordstudie vrae en nog meer wat kom... Video kanaal Parashah 4 - Vayera Play Video Play Video 14:00 @houtkruisbediening In die woord Vayera, wat beteken “Aan hom verskyn", sien ons Abba Vader se ontmoeting met Abraham by Mamre (Gen 18:1). Die woord Va-yera (וַיֵּרָא) wys hoe Abba Vader uit strek na Abraham toe en Sy heiligheid aan Hom openbaar. Kyk gerus die video waar ons die woord Vayera ondersoek en die diepte wat Abba Vader vir ons daarin hou. Play Video Play Video 18:18 Play Video Play Video 15:03 Play Video Play Video 19:43 Play Video Play Video 20:41 Play Video Play Video 17:02 Play Video Play Video 17:57 Play Video Play Video 26:04 Video argief 2023 Video Lech Lecha 'n tweede keer? | Sabbat Diens | 4 November 2023 2025 Video Storms van Geloof | Sabbat Diens | 8 November 2025 Woordstudie (Midrash) Vrae 2025 Antwoorde 2024 (Antwoorde is nog nie beskikbaar nie) Terug na sleutels Terug na Parashah

  • eBoek Winkel | Houtkruis Bediening

    Houtkruis Bediening se eBoek Winkel. Bekyk en koop eboeke wat jy aanlyn kan lees op die Houtkruis Bediening se webtuiste. eBoek Winkel Hierdie eBoeke kan net op die Houtkruis webwerf gelees word. No plans available Once there are plans available for purchase, you'll see them here. Om die eBoeke te lees, moet jy na jou Inteken Reekse se lede bladsy gaan, kyk bo regs op die webwerf, of jy kan op die knoppie hieronder kliek. eBoek Biblioteek

  • Parashah 12 | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se Parashah preke en woordbestudering (Midrash). Ons bestudeer Parashah 12 - Vayechi. Parashah 12 : Vayechi Hy het gelewe Kyk na die videos, bestudeer die Woordstudie vrae en nog meer wat kom... Video kanaal Parashah 12 - Vayechi Play Video Play Video 20:06 Play Video Play Video 18:55 Play Video Play Video 15:55 Play Video Play Video 16:53 Play Video Play Video 16:38 Play Video Play Video 17:35 Play Video Play Video 22:19 Video argief 2023 Video Hoekom ? | Sabbat Diens | 30 Desember 2023 2026 Video Vrede wat uit Vertroue vloei | Sabbat Diens | 3 Januarie 2026 Woordstudie (Midrash) Vrae 2025 (Antwoorde is nog nie beskikbaar nie) Terug na sleutels Terug na Parashah

  • Skatte vir Manne | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se preke. Bybelse skatte vir manne Kom ons bestudeer die Woord saam. Soek en jy sal vind... Manne Bediening Manne Bediening Play Video Share Whole Channel This Video Facebook Twitter Pinterest Tumblr Copy Link Link Copied Now Playing 50:42 Play Video Now Playing 53:34 Play Video Now Playing 50:47 Play Video Now Playing 50:53 Play Video Terug na sleutels Skakel in

  • Preke | Houtkruis Bediening

    Houtkruis Bediening se videos is beskikbaar op die Alle videos . Houtkruis videos Al Houtkruis se videos is hier beskikbaar All Videos All Categories Play Video Play Video 01:38:46 Play Video Play Video 15:46 Play Video Play Video 01:36:10 Play Video Play Video 06:23 Play Video Play Video 01:21:22 Play Video Play Video 01:22:16 Play Video Play Video 14:54 Play Video Play Video 01:37:46 Play Video Play Video 04:06 Play Video Play Video 07:16 Play Video Play Video 01:13:08 Play Video Play Video 01:05:57 Play Video Play Video 14:53 Play Video Play Video 01:02:00 Play Video Play Video 08:03 Play Video Play Video 52:13 Play Video Play Video 36:40 Play Video Play Video 01:20:12 Play Video Play Video 11:41 Play Video Play Video 01:33:55 Play Video Play Video 03:52 Play Video Play Video 07:54 Play Video Play Video 01:15:03 Play Video Play Video 17:05 Play Video Play Video 01:25:01 Load More

  • Parashah 11 | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se Parashah preke en woordbestudering (Midrash). Ons bestudeer Parashah 11 - Vayigash. Parashah 11 : Vayigash Hy het genader Kyk na die videos, bestudeer die Woordstudie vrae en nog meer wat kom... Video kanaal Parashah 11 - Vaigash Play Video Play Video 15:41 Play Video Play Video 24:23 Play Video Play Video 18:41 Play Video Play Video 18:52 Play Video Play Video 19:13 Play Video Play Video 17:09 Play Video Play Video 17:40 Video argief 2023 Video My beker loop oor | Sabbat Diens | 23 Desember 2023 2025 Video Vergifnis & Versoening | Sabbat Diens | 4 Januarie 2025 2025 Video Kom nader en vertrou in God | Sabbat Diens | 27 Desember 2025 Woordstudie (Midrash) Vrae 2025 (Antwoorde is nog nie beskikbaar nie) Terug na sleutels Terug na Parashah

  • Jeugbediening | Houtkruis Bediening

    Houtkruis Bediening Jeugbediening bladsy. Bekyk al die verskillende Jeugbedienings. Houtkruis se kinderbediening vorm ’n integrale deel van die liggaam en is uiters belangrik omdat dit die grondslag lê vir ons kinders se geestelike ontwikkeling. In ons liggaam leer ons die kinders van Abba Vader se woord deur die waarhede van sy woord te bestudeer, wat hulle help om ʼn sterk gelooffondasie te ontwikkel. Houtkruis Jeugbedienings Kontak ons Kinderbediening Houtkruis se kinderbediening vorm ’n integrale deel van die liggaam en is uiters belangrik omdat dit die grondslag lê vir ons kinders se geestelike ontwikkeling. In ons liggaam leer ons die kinders van Abba Vader se woord deur die waarhede van sy woord te bestudeer, wat hulle help om ʼn sterk gelooffondasie te ontwikkel. Daardeur volg ons die opdrag van: Deut. 6:7 “… jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” Hierdie vers beklemtoon die voortdurende rol van geloofopvoeding in die daaglikse lewe. Deur ons kinders van kleins af in die woord van Abba Vader te onderrig, help ons hulle om die lewenswyshede en waardes wat in die woord vervat is, te verstaan en toe te pas. Dit berei hulle voor om die uitdagings van die lewe met ʼn sterk geloof te hanteer. Verder, deur deel te neem aan die kinderbediening, bou kinders ʼn gemeenskap van medegelowiges om hulle, wat hulle ondersteuning en bemoediging bied vir die geestelike reis waarop hulle is. Kinderbedienings Saterdagoggende (tydens die diens) 09:00 by Houtkruis Tienerbediening Waar ons tieners leer van Abba se woord. Tienerbedienings Woesndae: 18:00 - 19:00 op Zoom WhatsApp Groep “My seun, luister, hoor en doen die instruksies van jou vader en verwerp nie die wet van jou moeder nie, want hulle sal ’n lieflike ornament wees vir jou kop en ’n halssnoer vir jou nek.” Spreuke 6:8-9

  • Sleutelvrae | Houtkruis Bediening

    Het jy vrae oor Houtkruis Gemeente, vind antwoorde hier. Sleutelvrae Wat beteken "Parashah"? Parashah is ʼn Hebreeuse woord wat ‘die gedeelte’ in die Torah (die Bybel) beteken, en verwys na die manier hoe die Torah al vir duisende jare op ʼn jaarlikse siklusbasis bestudeer word. Die heel laaste opdrag wat Moses aan Joshua en die volk gegee het voordat hy die aarde verlaat het, was dat hulle die Torah moes ter harte neem. In Deut. 32:45-47 staan: “En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het, sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou. Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.” So, jare later het geleerdes die hele Torah in 54 porsies opgedeel, sodat dit ʼn bestudering van Abba Vader se woord is regdeur die jaar. Wat beteken “Shabbat Shalom”? Die Hebreeuse woord Shabbat beteken ‘Sabbat’ in Afrikaans, wat op die sewende dag van elke week is. Shalom beteken ‘vrede’ maar nie net vrede nie. Shalom se grondwoord gee vir ons die verdere betekenis van heelheid of volledigheid of volmaaktheid. In Abba Vader se woord word shalom mees algemeen gebruik om te verwys na ʼn toedrag van sake, een van welstand, rustigheid, voorspoed, sekuriteit, omstandighede sonder enige gebrek. Shalom is ʼn seën, ʼn manifestasie van goddelike genade. Met ander woorde, as jy vir iemand sê “Shabbat shalom!” seën jy daardie persoon met Abba Vader se seën en vrede op die Sabbat. Hoekom gebruik julle Hebreeuse woorde? In Jes. 46:9-10 sê Abba Vader: “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen…” Abba Vader het van die begin af sy woord vir ons gegee in die Hebreeuse taal. Ons lees slegs vertalings in ons eie tale en hulle is vol gebreke en tekortkominge. Nie een van hierdie Westerse tale het eers bestaan toe Hebreeus al gepraat is nie. Ons gebruik Hebreeuse woorde om die dieper prentjie en betekenis te sien wat Abba Vader vir ons skilder. Byvoorbeeld, Abba Vader sê in Spr. 25:2 : “Dit is die eer van God om ʼn saak te verberg, maar die eer van konings om ʼn saak na te speur.” Kom ons kyk wat beteken hierdie teksvers in Hebreeus: Die woord “eer” (‘glory’) in Hebreeus is “kâbôd” (uitspraak: kavod of kaw-bode’). Dit beteken glorie of heerlikheid, om te eer, te aanbid maar ook die seën van oorvloed en rykdom. Die woord “verberg” (‘conseal’) in Hebreeus is “sâthar”, wat beteken om ʼn ding versigtig te versteek of te bedek. Die woord “saak” (‘thing’) in Hebreeus is “dâbâr” (uitspraak: davar of daw-bawr’) wat ʼn toespraak, ʼn woord, ʼn boodskap, ʼn verklaring, ʼn belofte, ʼn woord van bevel wat geuiter word, beteken. Die woord “konings” (‘kings’) in Hebreeus is “melek” wat beteken om te regeer, om iemand in te huldig in die koninklikes, dus om ingehuldig te word in koningskap, om op te styg na die troon. Die woord “na te speur” (‘search out’) is die woord “châqar” wat beteken om deeglik te ondersoek, om in te dring of in te druk, om te kan uitvind. Die woord “saak” (‘matter’) is dieselfde woord as “ding” (‘thing’) wat “dâbâr” is, wat ʼn geuiterde boodskap beteken. As jy hierdie alles bymekaarsit, staan daar: “Abba Vader bewaar sy woord net vir sy kinders (die wat honger is vir die waarheid) wat opgewonde en met entoesiasme in druk en probeer uitvind wat sy beloftes en waarheid is. Die kinders van Hom wat honger is om die waarheid te leer.” Abba Vader hou sy woord sorgvuldig bedek, want Hy wil hê dat dié wat geklee is in sy Koningskap, die wat Koningskinders geword het, om in sy woord in te beur. Om dit na te speur sodat dit hulle oorvloed en glorie is. Met ander woorde, dis ʼn voorreg maar dit is net vir sy kinders. Paulus skryf self ook die wat nie die Gees van Abba Vader het nie, verstaan nie die dinge van die Gees nie, vir hom is dit onsin (1 Kor. 2:14). Is die feeste nie net vir Israel gegee nie? Abba Vader sê duidelik in Lev. 23:2: “Die feestye van die Here (YHVH) wat julle moet uitroep as heilige samekomste — dit is my feestye.” Net so min as wat dit ʼn boere fees is, net so min is dit ʼn Joodse fees. Dis Abba Vader se feeste. Wat is die verskil tussen Sabbat en Sondagdienste? Daar is niks mee verkeerd om Sondae dienste by te woon nie. Abba Vader se kinders kan enige tyd saamkom, Hom aanbid en sy woord bestudeer. By Houtkruis doen ons soos wat Yeshua gedoen het en Hy het na die Sinagoges toe gegaan op die Sabbat om die woord te bestudeer, daarom doen ons dit net so. In Jes. 66:23 staan: “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here.” Met ander woorde, die Sabbat is iets wat ons in ewigheid saam met Yeshua gaan vier. Hoekom nie nou al doen wat ons in ewigheid saam Hom gaan doen nie? Is julle bediening vir gewone Christene of Messiaanse gelowiges? Houtkruis bediening is vir enige iemand wat Yeshua liefhet en wat Hom beter wil leer ken op die pad van Heiligmaking. Maak julle gebruik van Joodse tradisies? Nee, geen Joodse tradisies nie, net dit wat Abba Vader ons leer in die woord. Hoe werk julle Midrash? Midrash is woordbestudering, waar daar vrae gevra word en almal dit saam bespreek. Paulus sê in 1 Kor. 13:12: “Want nou sien ons deur ʼn spieël in ʼn raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” Ons ken net ten dele daarom kan ons by mekaar leer wat Heilige Gees ons elkeen leer, want Yeshua sê in Joh. 14:26: “die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Ons doen Woensdagaande 19:00 saam Midrash. Die vrae vir die aand word al Maandae uitgestuur waar elkeen dan voorbereiding doen, sodat ons dit Woensdagaande saam kan bespreek op Zoom. In die week se gedeelte wat saam bestudeer word, word daar ook daaglikse lering uitgestuur waarna elkeen kan luister. Hoekom gebruik julle die naam Yeshua, Ruach HaKodesh en YHVH in plaas van Jesus, Heilige Gees en God? Jesus in Hebreeus is Yeshua (wat ‘Verlossing’ beteken), dis wat Yeshua se ouers Hom genoem het. Jesus is bloot ʼn Afrikaanse transliterasie van Yeshua se Naam in Grieks, wat Iēsous is. Ruach HaKodesh is die Hebreeus vir Heilige Gees, dit beteken ‘die Asem van YHVH’. “Die HERE” is YHVH, ons Skepper se Naam, die Hebreeuse letters Y, H, V, H saamgevoeg – die oorspronklike Naam volgens die Strong’s Corcondance is Yehôvâh, (of Jahweh in Afrikaans getranslitereer), maar daar was mos nie eintlik klinkers in die Hebreeuse alfabet nie, daarom hou ons by YHVH. “God” is Elohim (Hebreeus: 'Ĕlôhı̂ym), wat nog ʼn naam vir Abba Vader is. Daar is verskeie name vir God in sy woord. Moet ʼn mens die feeste vier en Sabbat onderhou om gered te word? Nee, nie om gered te word nie, maar op jou pad van heiligmaking leer jy wat Abba Vader behaag en dan wil jy graag doen net soos Hy sê en dit kom uit liefde uit. Hoekom leer julle die Torah as ons nie meer “onder die wet” is nie? Op verskeie plekke in die woord sê Abba Vader ons mag niks byvoeg of wegvat uit sy woord nie. In Ope. 22:18-19 staan: “As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.” Abba Vader se hele woord gaan oor Yeshua en uit die Torah leer ons hoe Abba Vader na sy skepping kyk, hoe Hy dink, hoe Hy met ons praat, hoe Hy optree en hoe Hy op ons gedrag reageer en wat ʼn wonderlike geskenk! Veronderstel jou net ʼn lewe sonder hierdie riglyne! Chaos soos wat ons lees in Gen. 1:2 wat sê: “En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed…” Selfs in die Nuwe Testament staan daar in 2 Tim. 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” Die “Skrif” is die Ou Testament, aangesien die Nuwe Testament nog nie geskryf was nie. Hoe bepaal julle feesdae? Abba Vader gee vir ons duidelik sy bepaalde tye vir sy feestye in die woord in Lev. 23. Is Houtkruis deel van die “Hebrew Roots Movement”? Alhoewel daar baie verskillende en uiteenlopende “Hebrew Roots Movements” is met variasies in hul leringe, hou hulle almal by ʼn gemeenskaplike klem op die herstel van die “oorspronklike” Joodsheid van die Christendom. By Houtkruis smag ons net na Abba Vader se waarheid en leef daarvolgens. Ons behaag geen tradisies of godsdiens nie maar verhouding met ons Bruidegom Yeshua. Moet gelowiges in Yeshua nie net fokus op die Nuwe Testament nie? Is die Ou Testament van toepassing op ons as dit “vervul” is? Sewentig persent van dit wat in die Nuwe Testament staan, staan in die Ou Testament. Die Bybel bestaan uit 66 boeke, geskryf deur veertig persone oor meer as 1 500 jaar. Op ʼn stadium kry Moses agttien instruksies oor hoe om die Tabernakel te bou, asook een van die instrumente van die Tabernakel, die kandelaar of die menora. Ons lees daarvan in Exodus 25. Die menora is die simbool vir die woord van God, wat die “lig op ons pad” is. Ps. 119:105 sê: “U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad.” Die menora bestaan verder uit ses takke en ʼn sentrale stam met altesaam sewe olielampies, op elk van die ses takke was daar drie stelle knoppies, kelkies en blomme. Altesaam was daar nege individuele items op elke tak. Op die middelste stam moes daar vier stelle van drie wees so altesaam twaalf individuele items om die stam. Die menora het takke van die stam na links en regs wat die boeke in die Ou Testament en die boeke in die Nuwe Testament verteenwoordig. Aangesien die Ou Testament die fondament van die hele woord van Abba Vader is, word die middelste kandelaar deel van die drie takke wat die kant van die menora in die Ou Testament verteenwoordig. Die menora in die Ou Testament uit die middelste kandelaar en sy twaalf stukke plus drie takke met altesaam 27 individuele items, gee ʼn totaal van 39, die presiese aantal boeke in die Ou Testament! Dit laat die ander kant met 27 individuele items oor wat die 27 boeke in die Nuwe Testament voorstel! Altesaam 66 individuele items aan die menora wat die totale woord van Abba Vader voorstel, want daar is 66 boeke in die woord! Abba Vader sê vir Moses om ʼn menora te maak wat Yeshua (die Woord) verteenwoordig, ongeveer 1 500 jaar voor Yeshua se geboorte. Skrifaanhalings geneem uit Bybel in Afrikaans 1953-vertaling (AFR53) met herformulerings tot en met 1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Laai gerus die e-Sword rekenaartoepassing af om die Strong’s woorde in Hebreeus na te vors: https://www.e-sword.net/

  • Parashah 14 | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se Parashah preke en woordbestudering (Midrash). Ons bestudeer Parashah 14 - Va'eira. Parashah 14 : Va'eira Hy verskyn Kyk na die videos, bestudeer die Woordstudie vrae en nog meer wat kom... Video kanaal Parashah 14 - Va'era Play Video Play Video 18:03 Play Video Play Video 13:15 Play Video Play Video 12:13 Play Video Play Video 16:02 Play Video Play Video 18:14 Play Video Play Video 16:45 Play Video Play Video 25:51 Play Video Play Video 37:45 Video argief 2022/23 Video Sabbat diens: Toe wou Abba Vader Moses doodmaak? 2024 Video Abba Vader wil aan jou verskyn | Sabbat Diens | 13 Januarie 2024 2024/25 Video Yeshua, groter as Moses? | Sabbat Diens | 25 Januarie Woordstudie (Midrash) Vraelys 1 Vraelys 2 (Antwoorde is nog nie beskikbaar nie) Terug na sleutels Terug na Parashah

  • Dogter van Abba | Houtkruis Bediening

    Welkom by die Houtkruis Bediening se video reekse oor die Dogter van Abba video reekse. Die Dogter van Abba websblad bevat videos oor Die Vader se hart oor jou as Sy dogter. Dogter van Abba Dogters van Abba Video Reeks Dogters van Abba, jy het 'n skeppingsdoe... Play Video Play Video 09:09 Play Video Play Video 08:58 Play Video Play Video 09:02 Play Video Play Video 09:33 Play Video Play Video 07:26 Play Video Play Video 08:36 Play Video Play Video 07:05 Play Video Play Video 06:58 Rise Eve's Video Reeks Rise Eve's Play Video Play Video 28:58 Play Video Play Video 33:09 Play Video Play Video 27:50 Play Video Play Video 27:23 Play Video Play Video 31:35

  • Bedienings | Houtkruis Bediening

    Bekyk Houtkruis se verskillende bedienings. Vind die Houtkruis Bedienings se kontakpersone hier. Houtkruis Bedienings Sabbatdienste is 09:00 elke Saterdag. Mannebediening Waar ons as manne bymekaarkom en saam Vader se woord bestudeer. Vader se oë deurgrond die aarde en is op soek na manne na sy hart. Kontak ons Videos Manneoggende: Elke Vrydag: 06:00 by Houtkruis Vrouebediening Waar ons as vroue bymekaarkom en saam Vader se woord bestudeer. “Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.” Spreuke 31 Kontak ons Videos Vroueoggende: Elke Woensdag: 08:30 by Houtkruis Jong Volwassenes Kom sluit aan by ons op Sondagaande 18h00. Klik hier Kontak ons Jeugbediening Bestaan uit drie groepe: Kinders en Tieners Gaan na Jeuggroepe Intersessie Ons het vier verskillende intersessiespanne. Skakel gerus vir Dora as jy wil deel word van ons intersessiespanne. Vir enige gebedsversoek skakel gerus vir Ida. Inteken Reeks Kontak ons Media & eKerk Kontak ons Huweliksbediening Kontak ons Evangelisasie & Uitreikings Wil jy dalk deel word van ons span? Kontak ons Operasioneel Kontak ons Ouderlinge Ontmoet Houtkruis se ouderlinge. Kontak ons

bottom of page