top of page


63 - Godsdiens vir die Kameras

Matteus 6:1-18
"Wat jy doen wanneer niemand kyk nie — dit is wie jy regtig is."

Daar is mense in elke gemeente — en dalk in elke hart — wat godsdiens gebruik om indruk te maak; nie vir Abba Vader nie, vir die kykers.
Yeshua waarsku in Matteus 6 teen huigelary — godsdiens wat 'n vertoning vir mense word in plaas van aanbidding voor Abba Vader. Die preek volg die draad van huigelary deur die hele Skrif (Kaïn, Absalom, Judas, Ananias en Saffira) en wys hoe gee, bid en vas in die verborgene, vir 'n gehoor van Een, gedoen moet word. Die een groot waarheid: die vraag is nooit wát jy doen nie, maar hoekom — en Abba Vader, wat in die verborgene sien, vergeld in die openbaar.
Ander tekste:
Amos 5:21-24; Jesaja 1:11-18; Markus 7:6; Matteus 23:13-33; Matteus 5:16, 20; Handelinge 10:1-4; Johannes 8:50
bottom of page
