top of page


65 - Die Hart van Gee — 'Dit gaan nie oor hoeveel jy gee nie, maar oor jou hart'

Matteus 6:1-4
"Wanneer Abba Vader my hart het, sal Hy ook my hande hê."

Steek gou jou hand op: wie van julle vind dit makliker om te gee as om te ontvang?
Ware gee begin nie by jou beursie nie, maar by 'n hart wat reeds Abba Vader se genade ontvang het. Deur die arm weduwee se twee geldstukkies wys Yeshua dat Abba Vader nie eerste na die gawe kyk nie, maar na die gewer — en Hy sien die stil opoffering wat niemand anders raaksien nie. Die een groot waarheid: Abba Vader soek nie eerste jou geld nie, Hy soek jou hart; wanneer Hy jou hart het, het Hy reeds alles.
Ander tekste:
Lukas 21:1-4; Jeremia 17:9; Psalm 139:23-24; Genesis 16:13; Hebreërs 4:13; Efesiërs 2:8-9; Psalm 51:12; Spreuke 4:23
bottom of page
