

20 - Die vrugte van ware bekering – Deel 3: Kies – bekeer of byl

Matteus 3:8-12
"Hoe jy Yeshua aanvaar, bepaal of Hy jou Verlosser of jou Regter is."

Die byl lê al teen die wortel van die bome — en die keuse is duidelik: bekeer, of die byl.
Die preek wys dat die Fariseërs en Sadduseërs presies geweet het wat bekering is: die Tenach is vol daarvan, van Esegiël en Hosea tot Nineve, en hulle het self Jesaja 1:16-17 se nege norme van bekering onderrig. Johannes slaan hulle valse sekerheid in Abraham as vader weg, want afkoms of tradisie red niemand nie. Die byl teen die wortel en die vuur regdeur die Woord wys die erns van oordeel waar geen vrug is nie. Die een groot waarheid: Abba Vader meet ware bekering aan die vrugte, daarom moet ons onsself toets en in Yeshua bly.
Ander tekste:
Esegiël 33:18-19; Hosea 14; Jona 3:10; Jesaja 1:16-17; Johannes 8:39-44; Matteus 8:10-11; Johannes 15:6; Psalm 139:16; Lukas 3:10-14; Psalm 139:23-24
