

15 - Is jy in 'n woestyn? – Stem in die woestyn, Deel 3

Matteus 3:1-3
"Abba Vader het jou nie in die eerste plek vir 'n bediening gevorm nie, maar vir 'n ewige, intieme verhouding."

Ons praat maklik van 'n "woestyntydperk" in ons lewe, maar verstaan ons regtig wat die woestyn is?
Die preek wys dat midbar, die Hebreeuse woord vir woestyn, uit die wortel davar (woord) kom: die woestyn is 'n plek van openbaring waar selfvertroue afgebreek word en vertroue in Abba Vader groei. Van Israel se veertig jaar tot Yeshua se veertig dae word gewys dat Abba Vader verootmoedig en beproef om op die ou end goed te doen. Die woestyn is ook die plek van bruidstyd, waar Abba Vader Israel by Sinai tot Hom geneem het. Die een groot waarheid: Abba Vader het jou nie in die eerste plek vir 'n bediening gevorm nie, maar vir 'n ewige, intieme verhouding as deel van Sy bruid.
Ander tekste:
Eksodus 4:22; Lukas 4:1-2; Deuteronomium 1:2; Deuteronomium 8:16; Jesaja 66:9; Eksodus 19; Jeremia 2:2; Lukas 1:80
